OOS-KAAP. – ‘n Seun van (11) is gister tydens ‘n skietery deur ‘n dwaalkoeël getref en hospitaal toe geneem. Dit was die gevolg van ‘n vete wat tussen minibustaxi-organisasies op Port St. Johns by ‘n taxi-staanplek aan die gang is. Drie sekuriteitsbeamptes van ‘n Lusikisiki-taxivereniging is ook hier doodgeskiet, terwyl nog vyf persone van Port St. Johns se taxivereniging gewond is.
Kol. Priscillia Naidu sê lt.genl. Nomthetheleli Mene dring daarop dat die geskille tussen die twee organisasies gestop word en vriendskaplike oplossings vir die voortdurende meningsverskille wat nou tot lewensverlies gelei het, gevind word.
Naidu sê buiten die skietvoorval is drie voertuie aan die brand gesteek.
Nege verdagtes is intussen deur die polisie in hegtenis geneem. Wetstoepassers sal in die area bly totdat die situasie gestabiliseer het.
Die Port St. Johns- plaaslike munispaliteit versoek die publiek om uit die dorp weg te bly: “We still urge the public to stay away from town and allow the police space to continue clearing town.”
Bronne: SAPD en Port St. Johns Munisipaliteit
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



