Man doodgeskiet, drie beseer toe ‘onderonsie buite hof uitbreek’

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – ‘n Man is Dinsdag doodgeskiet en nog drie persone is beseer toe ‘n onderonsie na bewering buite die Baberton-landdroshof uitgebreek het.

Volgens kol. Donald Mdhluli was die insident buite die hof waar die moordsaak van Mandla Mamba voorgekom het. Ses verdagtes het vir hulle beweerde betrokkenheid by sy dood in die hof verskyn.

Tydens die onderonsie is een persoon doodgeskiet en drie is glo erg aangerand.

Mdhluli sê die polisie ondersoek die moord en drie klagtes van poging tot moord.

Nog geen inhegtenisnemings is uitgevoer nie en die polisie vra diegene met inligting om na vore te kom.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel