Trevor Noah wen Emmy vir The Daily Show

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Investec enigste Suid-Afrikaanse bank beskuldig in randmanipulasiesaak

LOS ANGELES. – Trevor Noah het ’n Emmy-toekenning as voormalige aanbieder van The Daily Show gewen.

Noah het die toekenning vir beste aanbieder van ‘n TV-geselsprogram gewen by die 75ste Emmy Awards-toekenningsplegtigheid.

Die program het 15 nominasies ontvang sedert Noah in 2015 die vorige aanbieder, John Stewart, vervang het. Noah het sy span wat agter die skerms werk, bedank en gelukgewens met die wen.

Noah het in 2022 aangekondig hy het bedank by The Daily Show. Verlede jaar was sy laaste jaar as aanbieder van die program.

Bronne: eNCA, IOL, Daily Voice

Lees ook: Investec enigste Suid-Afrikaanse bank beskuldig in randmanipulasiesaak