Investec enigste Suid-Afrikaanse bank beskuldig in ‘randmanipulasiesaak’

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Saak oor beweerde randmanipulasie deur hof van rol geskrap

Investec is die enigste Suid-Afrikaanse bank wat steeds beskuldig word van die manipulasie van die rand. Die Mededingingsappèlhof het verlede week die sake teen 23 van 28 banke van die rol geskrap. Die ander banke wat ook nog beskuldig word is filiale van groot internasionale bankgroepe.

Investec het nie die saak, wat deur die Mededingingskommissie teen hulle gebring is, teengestaan nie en sal dus nog aangekla kan word.

Die Mededingingskommissie beweer verskeie banke het saamgewerk om die dollar-rand-wisselkoers tussen 2007 en 2013 te manipuleer. Die Mededingingsappèlhof het bevind hulle het nie genoeg bewyse teen 23 van die banke nie en hulle het nie die nodige jurisdiksie om van die internasionale banke aan te kla nie.

Verskeie banke het reeds in 2015 in Amerika skuldig gepleit op die aanklagtes. Die Mededingingskommissie het gesê hulle besluit oor hulle volgende plan van aksie.

Bronne: Biz Community, Daily Maverick, IOL

Lees ook: Saak oor beweerde randmanipulasie deur hof van rol geskrap