‘Woedende’ man steek glo oupa dood, wond pa

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Beweerde meningsverskil toe ‘n familie glo probeer het om te keer dat vloedwater in hulle huis inkom, het tot die dood van ‘n oupa in sy 70’s en ‘n gewonde pa gelei. Die voorval het in Trevenenpad op Lotusville gebeur.

Volgens Reaction Unit South Africa is beamptes omstreeks 22:14 ontbied na ‘n toneel waar messtekery gerapporteer is.

Op die toneel is vasgestel ‘n jong man in sy 20’s het na bewering sy oupa en pa uit woede met ‘n groot mes gesteek. ‘n Argument het glo tot die dood en poging tot moord gelei. Reaction Unit South Africa beweer die verdagte het moontlik onbevestigde geestesgesondheidskwessies.

Die oupa en pa is na ‘n hospitaal geneem waar die oupa met aankoms dood verklaar is.

Die verdagte is deur die polisie op die eiendom in hegtenis geneem.

Kol. Robert Netshiunda sê volgens inligting tot die polisie se beskikking was die gesin, ma, pa en seun tydens die vloede as gevolg van die swaar reën besig om saam te werk om water uit die huis te hou. ‘n Onderonsie het glo tussen die pa en seun uitgebreek. Na bewering het die oupa probeer om tussenbeide te tree toe die jonger man glo ‘n mes opgetel en beide sy pa en oupa gesteek het.

Die oupa is dood, terwyl die pa in die hospitaal aansterk.

Die verdagte sal na verwagting vandag vir klagtes van moord en poging tot moord in die hof verkyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel