Ouma en kleinkind sterf toe huis ineenstort

Deel hierdie storie / Share this story

ZWELISHA, KZN. – Gemeenskapslede in Zwelisha het na Saterdagaand se stortreën op ’n ineengestorte huis van hout en yster langs ’n rivier afgekom. Die lewelose liggame van ’n vrou en haar kleinseun (4) is binne die huis gevind.

Reaction Unit South Africa (Rusa) is Sondagoggend omstreeks 7:43 deur bekommerde inwoners gekontak nadat hulle nie die vrou wat in die huis woon, kon opspoor nie.

Rusa en die SAPD is saam na die toneel waar lede van die gemeenskap hulle gehelp het om deur die puin te sif.

Die ouma en haar kleinseun se liggame is op die bed gekry. Daar word vermoed dat hulle ten tye van die ineenstorting geslaap het.

Bronne: Reaction Unit South Africa, Facebook