VRYHEID, KZN. – Nooddienste is Vrydagaand na ’n ongelukstoneel by die R33-en-R34-kruising naby Vryheid ontbied. Met hulle aankoms op die toneel het hulle twee motors aangetref wat in ’n botsing betrokke was.
Paramedici het die ongelukstoneel geassesseer. Twee persone, een ’n jong kleuter. het kritieke beserings opgedoen.
Nog twee persone was ernstig beseer. Vier ander het geringe beserings gehad.
Die beseerdes het almal mediese sorg op die toneel ontvang voordat hulle hospitaal toe vervoer is. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
Bronne: KZN Private Ambulance, Reaction Unit South Africa



