‘Dief deur gemeenskap doodgeslaan’

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vermeende dief wat van inbraak en diefstal beskuldig is, is glo Saterdagoggend vroeg op Buffelsdraai deur lede van die gemeenskap doodgeslaan.

Reaction Unit South Africa sê hulle is ongeveer 04:48 na ‘n toneel ontbied waar die Verulam-polisie reeds teenwoordig was.

Die oorledene is na bewering deur die gemeenskap vasgetrek, waarna hy doodgeslaan is. Sy identiteit kon nie dadelik vasgestel word nie.

‘n Moordsaak word ondersoek.

FiND iT het polisiekommentaar gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel