Opvolg: Kleuter wat ‘onder boom gelos,’ is, dood – moordondersoek

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Reitumetse Madibeng (4), wat sedert Saterdag vermis was nadat sy saam met haar tannie (20), ‘n vriendin van die tannie (19) en haar kleutersuster (2) was, is Donderdag dood gevind. Beide die jong vroue is sedertdien vir beweerde kindermishandeling in hegtenis. Die polisie ondersoek nou ‘n moordsaak.

Lt.kol. Thabo Covane sê die soektog na die oorlede kleuter is vanoggend op Dewetsdorp voortgesit. Omstreeks 13:25 is die liggaam van die kleuter gevind deur ‘n span wat die Daspoortpad-area, damme en steengroewe deursoek het.

Die kleuter se liggaam is in die veld, naby die plaaspad tussen Kareelaagte en Deelpan, ontdek.

Die twee vroue wat vir beweerde kindermishandeling in hegtenis is, sal Woensdag 17 Desember vir ‘n formele borgaansoek in Dewetsdorp-landdroshof verskyn.

Enigiemand met inligting word versoek om sers. Simon Mabunda by 082 445 9922 te bel.

FiND iT het voorheen soos volg berig:

Twee vroue, onderskeidelik 19 en 20 jaar oud, is Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle glo vir Reitumetse Madibeng (4) onder ‘n boom langs die R702-pad gelos het. Die kleuter was na bewering moeg en is alleen agtergelaat. Sy word tans vermis.

Volgens lt.kol. Thabo Covane het die verdagtes met die kleuter by hulle van die huis in Kanana na die plase op die R702-pad gestap. Na bewering het hulle die kleuter wat glo moeg geword het onder die boom gelos waar sy gaan lê het. Hulle het verder na ‘n plaas gestap.

Toe hulle glo op die plaas Hanniesrust aankom, het hulle die ma van die kleuter gebel en gesê sy is alleen gelaat. Die ma het die polisie in kennis gestel, waarna ‘n soektog na die kleuter geloods is. Die kleutermeisie kon nog nie gevind word nie.

‘n Saak van kinderverwaarlosing is oopgemaak en die twee vroue is in hegtenis geneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel