BRAMLEY, GAUTENG. – Johannesburg-nooddienste en die SAPD se reddingswerkers is Woensdag na ’n toneel van ‘n verdrinking in Bramley ontbied.
Twee vroulike kerklidmate is op die toneel dood verklaar, Nog twee kerkgangers is gered nadat hulle glo tydens ’n doop-en-reinigingseremonie deur ’n stroom meegesleur is.
Xolile Khulamo, Johannesburg-EMS se woordvoerder, het godsdienstige groepe gemaan om nie sulke rituele in die vloedseisoen aan te pak nie. Hy het veral by tradisionele genesers gepleit om sulke seremonies te vermy as die riviervlakke te hoog is.
Die volgende video is op Twitter geplaas:
Bronne: Paramedics, SAPS and firefighters South Africa, EWN, Twitter



