Kaapstad kry kritiek na toeverf van muurskildery van Palestynse vlag

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel begin vandag in VN-hof

KAAPSTAD. – Kaapstad is gekritiseer na owerhede ’n muurskildery van die Palestynse vlag laat toeverf het.

Inwoners van Lavender Hill het ’n muurskildery van die Palestynse vlag geverf met die woorde: “Ons staan met Palestina”. Die stad se owerhede en polisie het die muurskildery toegeverf omdat die stad nie ’n aansoek ontvang het vir toestemming om ’n muurskildery te verf nie.

Inwoners het gekla hulle reg om hulself uit te druk is oortree, maar die stad het gesê as hulle aansoek doen om toestemming kan die muurskildery weer geverf word.

Bronne: TimesLIVE, IOL, Cape Town ETC

Lees ook: Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel begin vandag in VN-hof