Kyk: Kinders en masturbasie – menings op sosiale media verskil

Deel hierdie storie / Share this story

Waarskuwing! Video-opnames en plasings bevat eksplisiete taalgebruik.

Gretha Wiid, bekende Christenskrywer, motiveringspreker en huweliksberader, het gister omgekrap in ‘n video-plasing gereageer toe ‘n mamma elders raad gevra het oor haar jong dogter wat haar liggaam sogenaamd “ontdek.”

Die video-opnames het reeds ongelooflike reaksie op sosiale media ontlok.

Onder Wiid se video-opname in die kommentaar het sy ‘n ander video-opname geplaas van ‘n gedeeltelike gesprek wat Timothy Kieswetter met Rian van Heerden voer en sê: “Praat jy so met Jesus ook, @Timothy Kieswetter? Gesonde Seks.”

Die video’s kan uit eie keuse deur ons lesers gekyk word. Wiid se mening is dit is onaanvaarbaar wanneer raad uitgedeel word of kenners sê dit is “okay” indien kinders masturbeer, solank hulle dit in die privaatheid van hul eie kamers doen.

Wiid sê kinders moet op ‘n sekere ouderdom op ‘n mooi manier oor seks en hul liggame ingelig word. Sy sê voorts kinders en ouers moet só ‘n goeie verhouding hê sodat alle aspekte sonder vrees of veroordeling bespreek kan word.

Wat is jou mening oor wanneer ouers en kinders oop en eerlike gesprekke oor seksuele aspekte moet hê?

Wiid het die video met ‘n lewendigestroomgesprek opgevolg waarin sy meer oor die onderwerp en wat sy gesê het, uitgebrei het.

Kommentaar op die blad Gesonde Seks wat aan Timothy en Janet Kieswetter behoort, lees soos volg:

@ Gretha Wiid Jy hoef glad nie kwaad, hartseer or bekommerd te wees nie.

Kinders wat masturbeer sonder skuld en in hulle eie veilige private spasie is presies wat Gesonde Seks is.

Ek is seker baie mammas wat bang is oor hulle kinders se seksuele veiligheid en heiligheid gaan aanklank vind by jou video, maar ongelukkig bring dit net verdere diskonneksie tussen ons geestelike self en ons seksuele self.

Sien, dit is my Gesonde Seks standpunt al van die begin, 14 jaar gelede: Dat ons in dieselfde liggaam beide seksueel en geestelik kan wees. Dat die twee nie vyandig teenoor mekaar is nie. Dat lust nie iets is wat die duiwel vir ons kom gee het nie, maar wat ons by ons Skepper gekry het om ‘n vol en Gesonde mens te wees.

Ek is seker ‘n kenner, soos jy my sarkasties noem, ek het teologie studeer en was ‘n pastoor vir lank en het my meestersgraad in Seksuologie, waar my tesis, van meer as 3 000 respondente, gegaan het oor hoe die Afrikaanssprekende Christen hulle seksualiteit beleef.

En as ‘n seksuoloog, en as ‘n Christen, kan ek met alle vertroue noem dat masturbasie die fondasie van enige Gesonde seksuele self is. As jy nie weet hoe om jouself lief te hê nie, gaan jy nooit die volheid van verhoudingsintimiteit kan bereik nie.

So jy hoef glad nie bekommerd, kwaad of hartseer te wees nie. Daai mamma wie se dogtertjie haar eie liggaam ontdek, het darem toegang tot Gesonde Seks informasie om haar kind groot te maak sonder shame en oordeel dat sy ook eendag ‘n lang vol Gesonde seksuele huwelik kan geniet.

Bronne: Gretha Wiid en Gesonde Seks Facebook-bladsye

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel