SUID-AFRIKA. – Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ’n geelvlak-2-waarskuwing vir vandag uitgereik. Dit behels ontwrigtende reën en moontlike vloede vir KZN, die oostelike helfte van die Oos-Kaap en die suid-oostelike hoëveld van Mpumalanga.
Môre sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees met verspreide buie en donderbuie oor die sentrale en oostelike dele.
Wydverspreide buie sal Woensdag oor dieselfde dele voortduur met koel temperature aan die ooskus.
Vandag se verwagte UV-sonbrandindeks vir Gauteng, KZN en die Wes-Kaap is as uiters hoog geklassifiseer.
Bronne: SAWS, Facebook



