Moordenaar(s) gesoek na opgesnyde liggaam van man in vlak graf gevind is

Deel hierdie storie / Share this story

POLOKWANE. – Daar word gesoek na die moordenaar(s) van ‘n onbekende man wie se opgesnyde liggaam Woensdagoggend in ’n vlak graf op Apel ontdek is.

Gemeenskapslede wat hout gesoek het, het die SAPD van die gruvonds in kennis gestel.

Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle op die opgesnyde liggaam van ’n man saam met nog liggaamsdele in ’n vlak graf afgekom.

Voorlopige ondersoek het aangedui dat die slagoffer na die graf gesleep is omdat daar sleepmerke en bloedspatsels op die toneel was. Inligting dui daarop dat hy met ’n onbekende voertuig daarheen vervoer is.

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris, sê dit is een van die mees ontstellende en onmenslike voorvalle wat hulle nog in die provinsie ervaar het.

Enigiemand met inligting kan sers. Martin Botha by 063 669 9344 of lt.kol. John Kubayi by 082 565 7602 kontak.

Bronne: SAPD, Twitter