VRYSTAAT. – Twee verdagtes, onderskeidelik 28 en 40 jaar oud, is op 28 Desember 2023 in verband met die moord-en-ontvoeringsaak van die 16-jarige Machaka Radebe in hegtenis geneem. Die verdagtes het vlugtig op 2 Januarie in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn, waarna die saak vir borgaansoek tot 8 Januarie uitgestel is.
Volgens brig. Motantsi Makhele is inligting opgevolg waartydens polisielede die twee verdagte mans, een in Bloemfontein en die ander terwyl hy tussen Dewetsdorp en Wepener gery het, in hegtenis geneem het.
Die inhegtenisnemings spruit voort nadat die liggaam van die 16-jarige Machaka Radebe, wat op 2 Desember 2023 as vermis aangemeld is, deur ‘n verbyganger gevind is twee dae nadat sy as vermis aangemeld is.
Name van die verdagtes en verdere inligting word weerhou omdat die ondersoek in die saak in ‘n kritieke stadium is.
FiND iT het op 6 Desember 2023 soos volg berig:
Machaka Radebe (16), wat Saterdag vermis geraak het, se liggaam is Maandag in die vroeë oggendure deur ‘n verbyganger naby Phase 9 gevind.
Brig. Motantsi Makhele sê die polisie het omstreeks 02:00 ‘n oproep ontvang oor ‘n liggaam van ‘n vrou wat in ‘n veld gevind is. Met aankoms op die toneel is die meisie met ‘n steekwond in har rug aangetref. Sy is dood verklaar.
Na bewering was haar broer die laaste persoon wat haar gesien het. Broer en suster het die middag in hul huis in Thakalekwalastraat in Rocklands gaan slaap. Toe die broer omstreeks 12:45 wakker word, was sy suster nêrens te vinde nie. Hy het haar selfoon gebel. ‘n Onbekende man het geantwoord. Hy het kontant geëis en gedreig dat sy sou sterf as nie aan die eis voldoen word nie.
Die polisie soek nog na die onbekende verdagtes en versoek enigiemand met inligting om kol. Bolsiek by 082 466 8530 te bel.
Hoërskool Brebner het die volgende op sosiale media gedeel:
It is with immense sadness that we learned of the senseless passing of Machaka Radebe. The Brebner Family extends our deepest condolences and support to Machaka’s family. We ask that our school community support the family during this incredibly difficult time, but also respect their privacy in dealing with her loss. We will communicate any further arrangements at a later time. BHS regards
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



