Drie dood toe bakkie rol

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – Die bestuurder en twee passasiers van ‘n bakkie is Maandag dood nadat die voertuig op die N12 naby Delmas van die pad af geloop en gerol het.

Moeti Mmusi, vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit in die provinsie, sê die oorsaak van die ongeluk sal deur ‘n ondersoek bepaal word.

Vusi Shongwe, die LUR vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit, het hartseer oor die voorval uitgespreek en motoriste gemaan om ten alle tye waaksaam te wees.

Shongwe het menslike faktore vir die meeste ongelukke, wat sedert die begin van die vakansieseisoen in die provinsie aangeteken is, die skuld gegee. Hy beveel genoegsame rus op lang reise aan.

“Motorists should always prioritize their safety and that of other road users. Fatigue like alcohol affects the drivers negatively, and it may also lead to crashes. Those who drive long trips must rest whenever there is a need to do so. They also need to ensure the roadworthiness of their vehicles before taking to the road.”

Bron: Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid en Sekuriteit.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel