LIMPOPO. – ‘n Sogenaamde profeet (35) is Saterdagoggend vir die beweerde moord op twee vroue onderskeidelik 37 en 20 jaar, en verkragting van een in Silver Oaks-woonbuurt in Hoedspruit-polisiëringsarea in hegtenis geneem.
Volgens brig. Hlulani Mashaba het Willows-kliniek hulle van die moorde verwittig. Polisielede het die ouer vrou met steekwonde in haar nek gevind. Haar dogter, half naak, is ook in die sitkamer met ‘n steekwond in die nek dood aangetref. Volgens Mashaba kom dit voor asof sy verkrag is. Beide is dood verklaar.
Die ouer vrou kon glo volgens inligting voordat sy gesterf het vir haar suster sê die “profeet” het hulle gesteek. Sy het die man wat as ‘n “profeet” praktiseer, geraadpleeg.
Met deursoeking van die woning is ‘n seun van een van die oorledenes vasgebind in sy kamer gevind.
Die verdagte is tydens voorlopige ondersoek op ‘n staproete langs ‘n pad in hegtenis geneem. Die motief vir die moorde is onbekend.
Mashaba sê die verdagte sal binnekort op twee klagtes van moord en ‘n klagte van verkragting in die Hoedspruit-landdroshof, verskyn.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



