Tienerseun red babameisie wat byna verdrink het se lewe

Deel hierdie storie / Share this story

WES-KAAP. – Andrea Parello (15), ‘n lewensredder en ook ‘n leerling van Paarl Boy’s High, het op 22 Desember die lewe van ‘n babameisie wat byna verdrink het, gered.

Volgens ‘n reddingsverslag van Clifton Surf Lifesaving Club het die tienerseun die baba se lewe gered terwyl hy met vakansie op Hermanus was. Parrello het mense buite ‘n huis hoor skree en uitgegaan. ‘n Klomp volwassenes het om ‘n baba wat uit ‘n swembad gehaal is en wat nie asemgehaal het nie, saamgedrom.

Die opgeleide tiener het gesien die baba het baie water gesluk. Hy het met toestemming van die kleiding se ouers leiding geneem en haar geassesseer. Daarna het hy begin KPR toepas. Die baba het tydens KPR water opgebring en uiteindelik asemgehaal.

Die baba is dadelik na ‘n hospitaal geneem. Parrello het die ouers raad oor sekondêre verdrinking gegee.

Parello is deur die Clifton Surf Lifesaving Club vir sy vinnige optrede en suksesvolle redding gelukgewens.

Bron: Clifton Surf Lifesaving Club – CSLC

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel