MPUMALANGA. – Die liggaam van ’n seun (14) is Dinsdagoggend buite ’n snoepwinkel in die Embalenhle-nedersetting buite Secunda ontdek.
Volgens konst. Busi Mthethwa, polisiewoordvoerder, het hulle inligting van die gemeenskap rakende die ontdekking van die liggaam ontvang.
Die seun se liggaam was bedek met bloed en hy het ’n meswond aan sy nek gehad. Hy is deur familielede uitgeken.
’n Saak van moord is amptelik geopen, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand met inligting kan die SAPD-misdaadvoorkomingslyn by 08600 10111 kontak.
Bronne: SAPD, Twitter



