Volle ontbinde liggaam op strand ontdek

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Die oorblyfsels van ‘n geraamte is Donderdagaand laat op die Tinley Manor-strand deur ‘n lid van die publiek raakgesien.

IPSS Search & Rescue sê ‘n soektog is Vrydag saam met KDM Lifeguards en die SAPD K9-soek-en-reddingseenheid se AO Odayer en K9 Dante geloods.

‘n Volle ontbinde liggaam van ‘n volwassene is opgespoor waar dit gedeeltelik in die sand begrawe was.

Die oorblyfsels is aan Umhlali-polisielede op die toneel oorhandig wat die saak verder sal ondersoek.

Bron: IPSS Search & Rescue

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel