Elsje Neethling ‘verloor kankerstryd, maar wen lewenstryd’

Deel hierdie storie / Share this story

Die Olimpiese swemmer, Ryk Neethling, se suster, Elsje Neethling het Saterdagaand haar stryd teen breinkanker verloor.

Volgens haar suster, Jean-Marie Neethling Stander, se Instagram-bladsy, het sy vreedsaam op Hermanus gesterf.

Elsje is 30 jaar gelede met breinkanker gediagnoseer, maar het veral die laaste twee jaar erg gely. Jean-Marie meen dat haar suster nie eintlik die stryd teen kanker verloor het nie, maar eerder die lewenstryd gewen het, juis omdat sy hard tot die einde geveg het.

Sy het vroeg in haar lewe al met hoofpyne, naarheid, balansprobleme en dowwe sig gesukkel. Nadat verskeie dokters gesukkel het om ’n diagnose te maak, is sy uiteindelik op die ouderdom van 13 met breinkanker gediagnoseer.

Elsje het veral die laaste jaar op haar kuns gefokus deur koppies met haar kunswerke op te skep.

Twee maande gelede het sy die volgende op haar Facebook-profiel gedeel:

Bronne: OFM, Voelgoed Tydskrif, Facebook, Instagram