Wéér moles op Shosholoza Meyl se Johannesburg-Kaapstad–roete

Deel hierdie storie / Share this story

Prasa het treinpassasiers om verskoning gevra nadat ’n gebreekte lokomotief op De Aar lang vertragings tydens die Shosholoza Meyl se Johannesburg na Kaapstad-roete veroorsaak het.

Die trein was bestem om Vrydagmiddag in Kaapstad te arriveer, maar passasiers moes noodgedwonge die rit per bus voltooi. Gevolglik het die etes wat vir die rit voorberei is, op geraak en kon die passasiers net drinkwater aangebied word.

Hulle het gistermiddag aangekondig dat hulle ’n ander lokomotief kon allokeer. ’n Trein het sedertdien van Bloemfontein na Queenstown vertrek.

Volgens Prasa se verklaring werk hulle onverpoos om vir passasiers die beste moontlike ervarings te bied en ’n herhaling van die situasie te voorkom.

Bronne: PRASA, Twitter