Twee verdagtes wat glo die Marite-gemeenskap op R40 terroriseer uiteindelik vas

Deel hierdie storie / Share this story

NELSPRUIT. – Calcutta-polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem wat na bewering die meesterbreine agter ’n vlaag trokkapings op die R40 in die Calcutta-omgewing is.

Keabeletswe Mohlala (20) en Thulani Ngutshane (26) het Donderdag op aanklagte van sewe voorvalle van gewapende roof van afleweringsvoertuie in die hof verskyn. Die voorvalle het na bewering in November en Desember 2023 plaasgevind.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale kommissaris, het gesê dit is ’n groot deurbraak en ‘n stap in die regte rigting. Hulle hoop op nog arrestasies.

Die twee verdagtes bly in aanhouding tot hulle borgaansoek op 27 Desember 2023 aangehoor sal word.

Bronne: SAPD, Twitter