Twee verdagtes op Hertzogville met 19 beweerde gesteelde skaapkarkasse gevang

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Twee mans, onderskeidelik 37 en 42 jaar oud, is Donderdag op Hertzogville ná bewerings van veediefstal in hegtenis geneem.

’n Plaaseienaar het die diefstal van sy skape gerapporteer. Hertzogville-SAPD en landelike privaat sekuriteitsmaatskappye is na die toneel ontbied.

Hulle het saam met die eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies en Welkom se K9-eenheid voertuigspore tot by ’n huis in Boikanyostraat in die Malebogo- informele nedersetting gevolg.

Altesaam 19 Merino-skaapkarkasse met die boer se brandmerk op is gevind. Twee verdagtes is vir beweerde veediefstal en die besit van gesteelde vee in hegtenis geneem.

’n Indiepteondersoek kan moontlik na nog inhegtenisnemings lei.

Bronne: SAPD, Twitter