‘Bakleiery’ tussen lede van SAPD en SANW weerlê

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Lt.genl. Thebi Hadebe het sprake van ‘n beweerde bakleiery in Atok, Burgersfort tussen lede van die SAPD en SANW, wat op sosiale media versprei word, weerlê.

Brig. Hulalani Mashaba sê, volgens die provinsiale kommissaris is die beweringe misleidend, ongegrond en onwaar.

Na bewering word gesê ‘n weermaglid het ‘n polisielid, wat glo omkoopgeld van onwettige chroommyners aanvaar het, aangerand.

Mashaba sê ‘n interne ondersoek is gedoen en die SAPD het bewys daar het nie so ‘n voorval in Sekhukhune-polisiedistrik of enige polisiestasie in Limpopo plaasgevind nie.

“People should learn to exercise caution before spreading unverified and malicious information about any private or public entity or an individual person. As the Police, we would like to caution our communities to be aware of the possible existence of misleading social media reports that are hellbent on tarnishing the image of SAPS and SANDF,” sê Hadebe.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel