KWAZULU-NATAL. – ‘n Vragmotorbestuurder is vanoggend omstreeks 04:30 in ‘n ongeluk waarby twee vragmotors betrokke was, op die N3 rigting Durban, naby Shongweni, dood.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê hulle was op die ongelukstoneel waar gevind is ‘n vragmotor het agter in ‘n ander een wat gebreek en stilgestaan het, vasgery.
Paramedici het die vasgekeerde bestuurder van die agterste vragmotor geassesseer. Die man, vermoedelik in sy 40’s, was noodlottig beseer en is dood verklaar.
Durban se brandweer moes reddingskake en hidrouliese toerusting gebruik om die man los te sny.
Die ongeluk word deur die polisie ondersoek.
Bron: ALS Paramedics
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



