Jong man verlam na hy in sandbank vasduik

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Jong man is verlam nadat hy die naweek in ‘n sandbank by ‘n strand in Ballito vasgeduik het.

Janus van Schalwyk sê Medi Response en Lenmed- gevorderde lewensondersteunende paramedici is na die toneel waar hulle ‘n jong man aangetref het wat met verlamming gepresenteer het nadat hy met sy kop eerste die water ingeduik het.

Van Schalkwyk sê KwaDukuza-lewensredders het hom blitsvinnig uit die water gehaal, waarna hy deur paramedici gestablisiseer en daarna deur Medi Response na ‘n spesialisfasiliteit vervoer is.

Op versoek van die seun se ouers het Medi Response, wat met die jong man se pa in kontak was, uit respek vir die gesin wat deur ‘n moeilike traumatiese tyd gaan, nie verdere verklarings geplaas nie.

Medi Response sê hule is bekommerd omdat dit die tweede besering van die aard in ‘n kort ruk is. Ook was twee amper-verdrinkings die laaste week gerapporteer. Die drenkelinge, wat aanvanklik nie reageer het, nie is suksesvol met KPR bygebring. In een van die voorvalle was dit ‘n 5-jarige kind.

Daar word vir waaksaamheid by swemareas gevra en swemmers word herrinner om by aangewese areas, waar lewensredders aan diens is, te swem.

Bron: Medi Response

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel