FAIRBREEZE, KWAZULU-NATAL. – Vier persone is dood, nog een kritiek en twee ernstig beseer in ‘n ongeluk tussen drie voertuie gister op die N2.
IPSS Medical Rescue was saam met verskeie ander nooddienste op die toneel waar twee ligte motorvoertuie en ‘n vragmotor in ‘n ongeluk betrokke was.
‘n Motor met twee insittendes het glo teen ‘n motor met ‘n familie van vyf persone gebots. Een van die voertuie het toe glo beheer verloor en voor ‘n aankomende vragmotor beland.
Vier persone is noodlottig beseer en is op die toneel dood verklaar. Een persoon wat kritiek beseer is, is deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer en daarna met ‘n Netcare911-helikopter na ‘n traumafasiliteit gevlieg. Nog twee ernstig beseerde persone is na ‘n hospitaal vervoer.
Die ongeluk het verkeersvloei belemmer en verskeie motoriste het volgens kommentaar op sosiale media die grutonele aanskou terwyl hulle daar verbygery het.
In die kommentaar is selfs beweer ‘n TikTok-video waarin oorledenes te sien i, is van die ongelukstoneel geneem. Daar is gevra die persoon se TikTok-rekening moet gerapporteer word.
Die polisie was op die toneel teenwoordig om die nodige ondersoek in te stel.
Klint Mills het die volgende kommentaar gemaak: “This was my daughter’s best friend and her parents. Oh man we are so heart broken. Such a shameful situation. Such a precious child and wonderful family.
“





Foto’s: IPSS Medical Rescue
Bron: IPSS Medical Rescue en sosialemediakommentaar
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



