CENTURION, GAUTENG. – Twee insittendes van ‘n voertuig is gisteroggend dood toe daar glo in Kosmosdal teen ‘n hoë snelheid beheer oor ‘n voertuig verloor is.
Kyle van Reenen, woordvoerder vir Emer-G-Med, sê paramedici is omstreeks 06:00 na ‘n toneel van ‘n enkelmotorvoertuigongeluk ontbied.
Die wrak van ‘n ligte motorvoertuig is op die toneel teen ‘n staalheining aangetref. Twee insittendes was in die voertuig vasgekeer en het noodlottige beserings opgedoen. Beide is dood verklaar.
Van Reenen sê volgens wat rapporteer word het ‘n voertuig teen ‘n hoë snelheid gerol en verskeie kere getol voordat dit teen ‘n kragboks vas is en daarna deur die heining van ‘n eiendom geploeg het.
In kommentaar op Emer-G-Med se sosialemediaplasing is een van die oorledenes as Clinton Slo, oftewel Clinton Mokgoko, geïdentifiseer. Sy dood is op Instagram bevestig.

Bron: Emer-G-Med en Instagram _lifeofclinton_
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



