Skrywer van Maid-reeks op Netflix stel nuwe boek vry

Deel hierdie storie / Share this story

Die Amerikaanse skrywer, Stephanie Land, van die blitsverkoper, Maid, wat in ’n Netflix-reeks verwerk is, het Oktober ’n opvolgroman getiteld Class vrygestel. Dit handel oor ma-wees, hongerte, en tersiêre onderwys. 

Haar eerste roman vertel die ware lewensverhaal van hoe sy in haar twintigs as ’n enkelma onder die broodlyn moes lewe en as huishulp gewerk het. Aan die einde van die roman het Land genoeg gespaar om na Missoula, Montana te trek om Engels en Kreatiewe Skryf aan die universiteit van Montana te studeer.

Maid het veral op gesinsgeweld en die maatskaplike stelsel in die Verenigde State gefokus. Class werp lig op die hoë lewenskoste en tersiêre onderwys in Amerika.

Land sê dat sy besluit het om oor haar universiteitservaring te skryf omdat dit die belangrikste ding was wat sy al gedoen het: om universiteitsopleiding te kry.

Die roman het al vele pryse ingeryg waaronder die Amazon Boek van die Jaar een is.   

Bronne: Stepville, Barnes and Noble, Publishers weekly