Kyk video: Jo Black sonder baard vir mans wat ‘okay’ is

Deel hierdie storie / Share this story

Video in berig

Jo Black, geliefde SA-sanger, oftewel Jo Engelbrecht, het ‘n video op sosiale media gedeel waarin sy dogter sy gesig herhaaldelik soen. Hy is sonder die baard wat eie aan hom is. Hy vra haar wanneer laas sy sy wang gesoen het.

By nog ‘n foto van hom waarin sy gesin sy wange soen, sê hy hy vermoed hy hou van wangsoene.

Jo sê in ‘n plasing hy het sy baard afgeskeer vir elke man wat voel hy kan nie meer nie, maar steeds aangaan. Veral vir die mans wat sê hulle is “okay” al voel hulle nie so nie, want sê Jo: “…ek is ook okay!”

Die plasing het die volgende hutsmerke:

#holdfast #StaanVas #mentalhealthawareness #mentalhealth #hope #JoBlack #vegter #beard

Lees Jo se sosialemediaplasing aan alle mans gerig, hier onder:

As jy ‘n leeu se maanhare afskeer, bly hy ‘n leeu. Sy identiteit lê nie in hoe hy lyk nie. Ek skeer my baard vandag ter nagedagtenis aan elke man daarbuite wat party dae voel hulle kan nie meer nie, maar tog opdaag want jy is ‘n man, wat oorloë in hulle binneste voer waarvan niemand weet nie, en steeds sê hulle is “okay” om nie die mense naaste aan hulle bekommerd te maak nie, die manne wat voel niemand gee om of dat niemand sal verstaan nie. Sê ek vandag vir jou, ek gee om en ek verstaan dit meer as wat jy dink… want ek is ook “okay”!

Bron: Jo Black

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel