Durbanse afrigter van statutêre verkragting aangekla

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – ’n Prominente sportafrigter (52) het Dinsdag vlugtig in die Durbanse landdroshof verskyn op aanklag van statutêre verkragting van ’n 15-jarige.

Die beskuldigde, wat al vele Comrades-marathons voltooi het, het gedurende die hofverrigtinge verskyn.

Volgens Treasure Mtimane, staatsaanklaer, wil dit voorkom asof die afrigter en minderjarige in ’n verhouding was. Dit is egter nog onduidelik hoe lank die verhouding geduur het.

Hy sê verder die staat moet bevestiging kry of die beskuldigde se werkgewer dissiplinêre stappe teen hom geneem het nadat die klag van statutêre verkragting aan die lig gekom het.

Luidens The Citizen was familielede van die beskuldigde ooglopend ontsteld toe die aanklaer versoek het dat die hof verdaag word.

Die saak is tot 19 Desember uitgestel sodat verdere ondersoek gedoen kan word.

Bronne: TimesLive, Twitter, Sunday Times