Agnes Setshwantsho se borgaansoek uitgestel

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Agnes Setshwantsho weer in die hof

MAHIKENG. – Die beweerde moordenaar, Agnes Sethswantsho, se borgaansoek is tot 20 Desember uitgestel.

Setshwantsho word van die moord op haar niggie beskuldig om versekeringgeld in die hande te kry. Haar man, seun en dogters is ook onder vreemde omstandighede oorlede. Die polisie gaan die liggame van die man en seun opgrawe vir ’n nadoodse ondersoek.

Sers. Keshi Mabunda het verlede week getuig Setshwantsho het minstens 40 familielede by vyf lewensversekeringsmaatskappye verseker.

Setshwantsho word aangekla van moord, bedrog en regsverydeling.

Bronne: The Citizen, The Pink Brain, SABC

Lees ook: Agnes Setshwantsho weer in die hof