Afrika se hoogste Kersfeesboom in Hartbeespoortdam ‘moet hoop bring’

Deel hierdie storie / Share this story

NOORDWES. – Die Afrika-kontinent se hoogste Kersfeesboom is deur GST SA as ‘n baken van hoop in Hartbeespoortdam opgerig.

GST, geleë op die hoek van R512 en die N4 in Hartbeespoortdam, ontwikkel masjiene en boorstelsels vir die mynbedryf.

Die Kersfeesboom, wat meer as 38 meter hoog troon, spog met ‘n drie meter hoë Betlehemster wat die naglug tooi. Asof dit nie al is nie, trek die meer as 5 000 meter ligte wat op die boom aangebring is die aandag.

Dié boom is Vrydag onthul in wat GST SA as ‘n gewaagde projek beskryf. Die maatskappy sê voorts die oprigting van die boom het al hul verwagtinge oortref as ‘n simbool van hoop en eenheid, nie net vir die gemeenskap van Hartbeespoortdam nie, maar ook vir die hele land en Afrika-kontinent.

“As the glowing tree casts its radiant light, it serves as a reminder, illuminating hope in the hearts of our people. This monumental achievement stands not just as a celebration of the festive season but as a testament to the spirit that unites us all.”

BRON: GST SA

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel