Lees ook: Agnes Setshwantsho weer in die hof
ALGOAPARK. – ’n Polisiekonstabel (30) is gisteraand in hegtenis geneem vir die moord op sy meisie.
Die konstabel en sy meisie het glo gestry in hulle woonstel toe skote gehoor is. Die meisie (35) is noodlottig gewond en die konstabel het homself aan die polisie oorhandig na sy bevelvoerders hom kalmeer het.
’n Saak van moord word ondersoek en die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.
Bronne: SAPD
Lees ook: Agnes Setshwantsho weer in die hof



