Lees ook: Dodetal in Israel-Hamas-oorlog nou meer as 18 000
GAZA. – Die Israeliese weermag het gister gesê die liggame van twee gyselaars wat op 7 Oktober ontvoer is, is gevind. Hulle het gesê die liggame is geïdentifiseer en teruggeneem Israel toe.
Een van die liggame is dié van ‘n soldaat, Ziv Dado, wat die dag van die aanval dood is.
Die ander gyselaar was Eden Zecharya wat op die dag van die aanval by die Supernova-musiekfees ontvoer is.
Die Israeliese weermag het gesê twee soldate is oorlede en talle beseer in die operasie om die liggame te kry.
Nog ‘n gyselaar se dood is verlede week bevestig na ‘n reddingpoging wat verkeerd geloop het. Sahar Baruch se dood is verlede week bevestig.
Hamas het Sondag gedreig om die gyselaars dood te maak as Israel nie nog van hulle gevangenes vrylaat nie.
Bronne: The Telegraph, CBS News, Mail Online



