KAAPSTAD. – Die HSBC SVNS Wêreldrugbytoernooi se tweede rondte het Saterdag in Kaapstad afgeskop. Kykers kan die beste 12 mans en vroue sewesrugbyspanne by die DHL-stadion te sien kry.
Suid-Afrika se Blitsbokke-manspan, het gister 19-05 teen Groot-Brittanje gewen, 26-14 teen die VS gewen en 14-12 teen Ierland verloor.
Perth gaan die derde rondte van die toernooi op 26-28 Januarie aanbied.
Selvyn Davids is as kaptein vir die toernooi aangewys. Die Blitsbokke kom vandag om 11:18 teen Australië in die kwarteindstryd te staan.
Werner Kok, sewesspeler, sê dat dit ongelooflik is om die feestyd op so ’n wyse in te lei. Kaartjies vir vandag se wedstryde kan by Ticketmaster gekoop word.
Bronne: World Rugby, SVNS, Twitter



