Kyk: Springs-inwoners help hulself na transito-rooftog

Deel hierdie storie / Share this story

SPRINGS. – ’n Groep swaar gewapende verdagtes het Donderdag ’n sekuriteitsvoertuig by die Vlakfonteinpad naby Ekutubeni-begraafplaas in Kwa-Themba aangeval en beroof.

Die bende kon daarin slaag om met ’n onbekende bedrag geld weg te kom. Dit volg nadat hulle die geldwa gedwing het om te stop en met plofstof gebombardeer het.

Lede van die publiek het die oorblywende kontant gesteel. In ’n video wat op sosiale media versprei word, kan gesien word hoe ’n groep inwoners met ’n wielietjiestas na ’n naburige huis vlug.

Die Gauteng-SAPD het ’n soektog van stapel gestuur om die verdagtes te vind. Hulle doen ’n beroep op die publiek om met inligting na vore te kom.

Kyk die video hier:

Bronne: SAPD, Twitter