KWAZULU-NATAL. – Na bewering het ‘n groep gewapende verdagtes Laerskool Mawelewele op Klaarwater ‘n rukkie gelede binnegegaan en selfone sowel as skootrekenaars gebuit. Terwyl die verdagtes glo wou vlug, het ‘n skietery uitgebreek.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê hulle is net na 11:30 vir mediese hulp na die skool ontbied.
Onderwysers, sekuriteit en die verdagtes het op mekaar geskiet. Twee persone het skietwonde opgedoen.
Jamieson sê ‘n onderwyser wat ‘n skietwond opgedoen het, is nog voordat paramedici op die toneel opgedaag het in privaat hoedanigheid na ‘n hospitaal gehaas.
‘n Man, vermoedelik ‘n verdagte in sy 20’s, is verskeie kere raakgeskiet. Gevorderde lewensondersteunende paramedici is tans besig om hom te behandel.
Die toneel is deur die polisie afgesper en ondersoek word gedoen.
Bron: ALS Paramedics
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



