Jong man ernstig deur dwaalkoeël beseer

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Jong man (21) is Dinsdagaand in Emona ernstig beseer toe ‘n dwaalkoeël hom getref het.

Reaction Unit South Africa sê die familie van die jong man het hom na die Tongaat-kliniek toe geneem en het vir hulp gebel.

Met aankoms op die toneel het reaksiebeamptes vasgestel die jong man was na bewering op die punt om die hek in die oprit van die erf toe te maak toe hy deur die dwaalkoeël getref is.

As gevolg van ‘n storm in die gebied en daar nie elektrisiteit was nie, kon nie vasgestel word waar die skoot afgevuur is nie.

Die slagoffer is gestabiliseer voordat hy na ‘n hospitaal vervoer is.

Bron: Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel