Datums vir volgende stemregistrasie bekend

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Dodetal in Gaza meer as 17 000

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het gesê die volgende naweek vir stemregistrasie sal op 3 en 4 Februarie 2024 wees.

Die registrasiestasies sal vanaf 08:00 tot 17:00 oop wees om mense toe te laat om te registreer en om seker te maak hulle inligting is op datum.

Die eerste registrasienaweek was op 18 en 19 November. Altesaam 26.8 miljoen stemgeregtigdes is geregistreer en 568 374 nuwe stemgeregtigdes het vir die eerste keer daardie naweek geregistreer.

Burgers van 16 jaar en ouer kan registreer om te stem. Suid-Afrikaners wat oorsee bly, kan by ambassades of aanlyn op 26, 27 en 28 Januarie 2024 registreer.

Gevangenes sal tussen 30 Januarie en 1 Februarie 2024 toegelaat word om te registreer om te stem.

Almal word aangemoedig om te registreer om in die 2024-verkiesing te stem.

Bronne: South African Official News, IOL, SABC

Lees ook: Dodetal in Gaza meer as 17 000