Kokaïen van R151 m. in Durban-hawe onderskep

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN, KWAZULU-NATAL. – Durban-hawepolisie het Maandag ‘n besending kokaïen ter waarde van R151 miljoen in ‘n houer wat op ‘n skip van Brasilië gekom het, onderskep.

Brig. Athlenda Mathe sê die lede het die houer gemonitor nadat inligting ontvang is.

‘n Span wat die houer by ‘n verkoelingsfasiliteit deursoek het, het op 433 blokke kokaïen wat in vleisbokse versteek was, afgekom.

Nog geen inhegtenisnemings is uitgevoer nie, maar die direktoraat wat prioriteismisdade ondersoek het die ondersoek oorgeneem.

Mathe spog met die eenheid se derde massiewe dwelmsukses binne twee maande. Die eenheid het gedurende Oktober kokaïen ter waarde van R150 miljoen onderskep.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel