VRYSTAAT. – Die ontbinde liggaam van ‘n onbekende man is Donderdag ontdek waar dit in ‘n kleinerige dam by die Ficksburg-gholfklub gedryf het. Die man was vermoedelik tussen die ouderdom van 15 en 25 jaar oud. Die liggaam was in plastiek toegedraai.
AO Mmako Mophiring sê die polisie het ‘n klagte ontvang van ‘n wit plastieksak wat vermoedelik ‘n liggaam bevat en op die dam dryf.
Mophiring sê met aankoms op die toneel het die polisie inderdaad ‘n liggaam in ‘n sak met ‘n baksteen van sandsteen binne-in gevind. Die oorledene was in ‘n groen T-hemp, blou denimbroek en wit seilskoene geklee.
Enigiemand met inligting van tot die inhegtenisneming en vonnis van ‘n verdagte(s) kan lei, kan speur.kapt. Labakeng by 079 897 7144 bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



