Kanadese ‘super varke’ bedreig VSA

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Colombia van plan om Pablo Escobar se ‘kokaïen-seekoeie’ van kant te maak

KANADA. – Kenners in Kanada het gewaarsku dat Kanadese “super varke” moontlik die grens met die VSA kan oorsteek en ‘n bedreiging word.

“Super varke” is ‘n kruising tussen verskeie tipes varke wat geteel is om koue temperature te weerstaan en voort te plant.

Die varke is in Alberta, Saskatchewan en Manitoba in Kanada opgemerk. Kenners het gesê die varke vernietig gewasse en verminder die kwaliteit van water.

Amerika het reeds ‘n probleem met wilde varke en het al meer as 54 000 van dié varke doodgemaak.

State naby aan Kanada is besig om voor te berei indien die “super varke” die grens sou kruis.

Bronne: The Independent, The Guardian, Los Angeles Times

Lees ook: Colombia van plan om Pablo Escobar se ‘kokaïen-seekoeie’ van kant te maak