Lees ook: Verdagte vir moord op ma en seun vandag eers in hof
Onlangse inligting van die Instituut vir Sekuriteitstudies het gewys die moordsyfers styg in vier provinsies meer as die ander in Suid-Afrika.
Die moordsyfers in die Oos-Kaap, Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap maak 83% van die totale moordsyfer in Suid-Afrika vir 2022/23 uit.
Die Oos-Kaap het die hoogste moordsyfer in 2022/23 gehad, gevolg deur KwaZulu-Natal, die Wes-Kaap en dan Gauteng. Faktore wat tot die moordsyfers lei, is: korrupsie, swak polisiewerk en die oorhandiging van staatsvuurwapens aan misdadigers.
Bronne: Daily Maverick, TimesLIVE, All Africa
Lees ook: Verdagte vir moord op ma en seun vandag eers in hof



