Lees ook: Eskom kondig voorlopige verandering in beurtkrag aan
Eskom het Vrydag aangekondig fase 3-beurtkrag sal vanaf 16:00 tot 05:00 Sondagoggend ingestel word.
Sondag behoort die beurtkrag opgeskort te word tot 16:00, waarna fase 3 weer ingestel sal word tot 05:00 Maandagoggend.
Eskom het gesê dit sal Sondagmiddag die beurtkragskedule vir volgende week aankondig.
Die nuwe beurtkragskedule is weens ’n “verbetering in opwekkingskapasiteit”.
Bronne: EWN, My Broadband, BusinessTech
Lees ook: Eskom kondig voorlopige verandering in beurtkrag aan



