Verdagtes gesoek wat gesin tydens huisroof steekwonde toedien

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Twee verdagtes wat na bewering Donderdagoggend omstreeks 04:00 by ‘n huis in Polokwane ingebreek het en ‘n gesin gesteek het, word deur die polisie gesoek.

Brig. Hlulani Mashaba sê na bewering is die egpaar deur angsbevange gille van hul seun wakker gemaak. Sy pa, wat ondersoek ingestel het, is glo deur twee verdagtes gekonfronteer. Die twee het glo geld en waardevolle items geëis.

Die pa het beserings opgedoen toe die booswigte hom glo boonop met ‘n skroewedraaier gesteek en met ‘n boutsnyer geslaan het. Ook die ma en seun is steekwonde toegedien, waarna die twee verdagtes met ‘n skootrekenaar en selfoon van die toneel gevlug het.

Mashaba sê ‘n saak van huisroof en poging tot moord word ondersoek. Nog geen inhegtenisnemings is uitgevoer nie.

“A multi-disciplinary team has been assigned to ensure that investigations are expedited to ultimately bring the suspects to book to face the full might of the law,” het die provinsiale kommissaris, lt.genl. Thembi Hadebe, gewaarsku.

Enigiemand met enige inligting om die verdagtes op te spoor, kan die ondersoekbeampte, sers. Baloyi by 082 214 3948 bel.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel