‘Kabeldief’ in Kimberley in hegtenis geneem

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Eskom kondig voorlopige verandering in beurtkrag aan

KIMBERLEY. – ’n Man van Lesotho, is gister in hegtenis geneem na hy en ’n medepligtige gevang is waar hulle na bewering kabels probeer steel het. Die ander verdagte het gevlug.

Hulle is in Kimdustria gevang waar hulle besig was om ’n sloot te grawe om glo kabels te steel. Die sloot was reeds 100 m lank en daar was klaar ’n stuk kabel in die sloot wat vermoedelik gesteel is.

Die man word aangekla van die peuter met essensiële munisipale infrastruktuur en sal binnekort in die hof verskyn.

Skade aan die infrastruktuur beloop tussen R105 000 en R150 000.

Bronne: SAPS

Lees ook: Eskom kondig voorlopige verandering in beurtkrag aan