Lees ook: Eskom kondig voorlopige verandering in beurtkrag aan
NOORD-KAAP. – Die departement van water en sanitasie het Dinsdag ’n waarskuwing uitgestuur oor gevaarlike alge wat in die Vaalrivier gevind is.
Die toksiese blougroen alge is in die Vaalrivier naby Barkly-Wes opgemerk en kan stroomaf beweeg.
Blougroen alge is onveilig vir mense en diere om te drink en dit kan noodlottig wees wanneer dit ingeneem word.
Inwoners van veral Barkley-Wes, Warrenton en Winsorton word gewaarsku om nie water direk uit die rivier te drink nie.
Bronne: Facebook, DA, Nocci
Lees ook: Eskom kondig voorlopige verandering in beurtkrag aan



