Verdagte wat ‘vrou en stiefdogter skiet’ verskyn in hof

Deel hierdie storie / Share this story

NOORDWES. – Paul Prinsloo (61) het vanoggend op twee aanklagte van moord op Catherina Magdalena Prinsloo (58), sy vrou en Ruzanne Weideman (31), sy stiefdogter, in die Brits-landdroshof verskyn.

Kol. Adéle Myburgh sê die hofverskyning is te wyte aan ‘n insident van vermoedelike huishoudelike geweld. Prinsloo bly in aanhouding totdat die saak weer op Woensdag 6 Desember in die hof voorkom.

Prinsloo het die vroue na bewering by hul huis op Kosmos Hartbeespoortdam met ‘n jaggeweer doodgeskiet. Die dubbelmoord is omstreeks 14:30 aan die polisie gerapporteer.

‘n Argument tussen die verdagte, sy vrou en volwasse stiefdogter het glo ontstaan, waarna hy na bewering ‘n jaggeweer gevat en beide geskiet het. Die oorledenes, wat beide in die kop geskiet is, is deur EMRS op die toneel dood verklaar.

Prinsloo is in hegtenis geneem het het vandag vir die eerste keer in die hof verskyn.

Hierdie tragedie het hom te midde van die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders afgespeel.

“Lieutenant General Sello Kwena is appalled by the incident, which occurred at the beginning of the 16 Days of Activism For No Violence Against Women and Children, and at the victim’s own home where they were supposed to feel safe and that the crimes were regrettably perpetrated by someone who was supposed to be their protector. He urged the public to work together with the police and various stakeholders to accelerate actions to end Gender Based Violence and Femicide (GBVF).”

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel